Opsomming: Janneman besluit om sy biologiese pa te soek deur ‘n DIY DNA kit te bestel en skelmpies spoegmonsters van die konserwatiewe dorpie se mans te versamel. Maar Boetie Boude, sy ma se jarelange vriend, is bang Janneman se hart word gebreek. Janneman en Boetie stamp koppe. Die vrouens op die dorp het verskuilde agendas. Ant Stiena Skuinslê probeer Janneman se situasie tot haar eie voordeel benut, terwyl sy haar rondloperman, Koos Koekeloer, in toom probeer hou. En Mevrou Dominee wil met alle mening vir Janneman stop, want die storie loop dat haar man Janneman se pa is. Sal Janneman besef dat Boetie die enigste vaderfiguur is wat hy nodig het? Of sal Boetie toelaat dat Janneman sy derra vind?
Regisseur: Tristram Atkins
Draaiboek: Tristram Atkins
Met:
Ethan Olivier
Abduraghmaan Adams
Ruben Engel
Simoné Benjamin
Oscar Petersen
Ilse Oppelt
Simone Biscombe
Agter die skerms – Janneman