Logo
Hollywood in my huis
web uni tv guide

Hollywood in my huis

144Romantiese komedie
Hollywood in my huis

Oor die film

Sinopsis:
Hierdie romantiese komedie het reeds op 31 Augustus 2014 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap: kenners keuse, gehoor-gunsteling en gehoor-gunsteling aktrise (Christia Visser).

Hollywood in my Huis vertel die storie van ’n doodgewone matriek meisie, Jana van Tonder, en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder, asook Frikkie, haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerdekant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos en haar ma bedryf ’n skoonheidssalon vanuit ’n karavaan in die voorplaas.

Die volwassenes se drome is verpletter, en tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie omstandighede uit. Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai. Wanneer sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet”-glansgeleentheid te omskep.

’n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met die werklikheid van die lewe kennis te maak. Sy is heimlik verlief op Brandon – die skool se hartbreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met die skool se mees gewilde meisie, Angelique uitgemaak.

Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie sy gevoelens vir haar probeer wys nie.

Rolverdeling:
Christia Visser
Nicola Hanekom
Louw Venter
Edwin van der Walt
Viljé Martiz
Leandie du Randt

Agter die skerms:
Regisseur: Corné van Rooyen
Skrywer: Corné van Rooyen en Rene van Rooyen

‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première
‘Hollywood in my Huis’-première

‘Hollywood in my Huis’-première

1 van 14