Opsomming: Dis laat op ’n winteraand en Leander is moeg vir die lewe. Wanneer hy in die nagbus klim, verwag hy die gewone koue en leë sitplekke, maar dié is nie ’n gewone aand nie. Hy ontmoet ’n jong seun wat alleen op pad see toe is. Terwyl hy probeer om die seun te oortuig om huis toe te gaan, besef Leander hulle het baie in gemeen. Dalk té veel. Saam gaan die twee op ’n reis deur die verlede, hede en toekoms, en Leander leer dat iets kleins, soos om ’n perd te teken, die lewe nuwe betekenis kan gee.
Vervaardiger: Luan Jacobs & Johan Riekert
Regisseur: Kaz McFadden
Draaiboek: Luan Jacobs
Met:
Luan Jacobs
Luca Bornman
Agter die skerms – Hoe Om ’n Perd Te Teken