Opsomming: Jona is die ou wie alle ouens wou wees – op hoërskool. Maar nou is dit tien jaar later en almal behalwe hy het al aanbeweeg. Jona klou vas aan die verlede net soos hy vasklou aan sy Insta-model-eksmeisie, sy sukkelende loopbaan as ’n stock photography-model, en – miskien die grootste bron van sy verdiet – sy kwynende haarlyn. Jona ervaar vir die eerste keer in sy lewe ’n probleem wat hy nie met sy sjarme kan oplos nie. Tydens ’n kuier by iemand se huis probeer Jona sy eks terugwen, maar verdubbel sy konsternasie wanneer ’n geval van vertoningsangs Jona se gesukkel met grootword verder ontbloot. Vernederd, storm Jona badkamer toe waar hy een ’n interessante partytjiegangers raakloop: Mieke.
Parmantig, prettig en ongepla deur wat die wêreld dink van haar obsessie met jellie-lekkers, help Mieke vir Jona om sy brose idee van wie hy is te versoen met die feit dat hy ouer word. Ná ’n paar kort en intense groeipyne, verskyn Jona vanuit die badkamer as nuwe mens – in elke moontlike opsig.
Vervaardiger: Melite Vivier, Michael Minnie & Anton Scholtz
Regisseur: Juri Bardenhorst
Draaiboek: Bard Cloete
Met:
Stiaan Smith
Greta Pietersen
Leandie du Randt
Adam Heinz
André Roothman
Agter die skerms – Gebles