Opsomming: Freedom is ’n ontnugterde, desperate student, wat klou aan ’n onmoontlike sukkelbestaan in die middestad van Johannesburg. Hy verpand sy geliefde handboeke aan ’n leningshaai, Alina, vir geld om eksamen te skryf en sy landelike familie te help. Freedom verander egter van plan en gaan terug na Alina om sy boeke terug te koop. Sy probeer hom inloop en ’n hewige argument ontstaan waarin Freedom haar per ongeluk doodmaak. Op soek na sy boeke in haar woonstel kom hy op ’n kontant af wat hy in sy sak steek. Freedom word oorweldig deur skuldgevoelens en innerlike konflik en op ’n swerftog deur die stad se strate en kroeë begin hy sy greep op die werklikheid verloor. Hoop daag op in die vorm van Sonia, ’n voormalige student wat haar uit nood tot prostitusie gewend het. Freedom glo dat sy sondes vergewe sal word as hy net vir Sonia kan red. Maar Johannesburg is nie ’n stad wat so maklik laat los nie.
Vervaardiger: Tendeka Matatu, Catarina Weinek & Dumi Gumbi
Regisseur: Jafta Mamabolo & Ralph Ziman
Draaiboek: Jafta Mamabolo
Met: Jafta Mamabolo, Nicole Mathope, Jeffery Sekele, Mary Twala, Kenneth Nkosi Mandla Gaduka & Samkelo Ndlovu
Vryheid in die middestad – Freedom