Die 'Ryne' waarheid...
Opsomming:
Ons ontmoet ’n vrou van inbors en karakter wat ’n goeie lewe lei en ’n buitengewone aanvoeling vir fluit het. Fluit, soos in die volmaakte vorming van honderde melodieë en klanke van tuinvoëls en ander geluide met behulp van asemgebruik en die perfekte plasing van haar tong. Dis immers wat sy van vroegoggend tot laataand doen. Om hierdie wonder wyer as haar eie, bekende wêreld te laat strek, huur sy ’n jong kameraspan om haar te volg in die dae wat oploop tot ’n groot konsert. Sy is tog, soos sy self sê, Suid-Afrika se fluitfenomeen.
Rolverdeling:
Cindy Swanepoel
Weslee Swain Lauder
Agter die skerms:
Regisseur: Hardus van Deventer
Vervaardigers: Duan Wanty
Draaiboek: Neeltje Swanepoel, Cindy Swanepoel en Duan Wanty
Fluit Fluit: Foto’s