Verlies kan nie versamel word nie.
Opsomming:
Ben is in rou gedompel nadat sy geliefde vrou, Emma, sterf. Emma se kweekhuis, gevul met ’n indrukwekkende orgideë-versameling, is al wat vir Ben troos verskaf. Hy probeer gevolglik obsessief die plante lewendig hou, maar hy is onkundig en onbeholpe en die orgideë sterf een vir een. Ben begin die dooie orgideë oral wegsteek; ’n geheime versameling van sy verlies. Ons volg vir Ben en sy hond deur die dae en maande wat verby flits. Ben noteer sorgvuldig elke dag wat hy alleen moet bestaan. Sy wêreld word al hoe kleiner, totdat hy een nag tydens ’n droom ’n gewaarwording beleef wat as sleutel dien tot sy uitkoms.
Rolverdeling:
Wilson Dunster
Jana Cilliers
Agter die skerms:
Regisseur: Marí Borstlap
Oorspronklike draaiboek: Marí Borstlap
Vervaardigers: Niel van Deventer, Gawie Myburgh en Marí Borstlap
Die Leeftyd van ’n Orgidee: Foto’s