Opsomming: Wanneer Mathilda haar geliefde man, Hendrik Exodus Gert Thys, aan die dood afstaan, moet die reëlings vir sy begrafnis inderhaas getref word. Die familie wil haar ondersteun, maar soos haar oorle’ oupa altyd gesê het – dis net om gesien te wees, elkeen het sy eie agenda. Dan is daar nog die druk van die gemeenskap wat ongetwyfeld sal skinder oor hoe die breyani geproe het, die outfits en die diens. Sal Mathilda vir Hendrikkie die begrafnis kan gee wat hy verdien?
Vervaardigers: Jaco Nothnagel & Leatitia Solomons
Regisseur: Johannes Pieter Nel
Draaiboek: Leatitia Solomons
Met:
Leatitia Solomons
Lee-Ann van Rooi
Ivan Abrahams
Roxanne Blaise
Ann Juries-May
Jonwin Constable
Christy-Ann Julies
Agter die skerms – Die Begrafnis