Opsomming:
Na ’n familievakansie kort jy ’n vakansie van die familie.
Die Burger-seuns, pak by hulle ouers af om as ’n familie saam Kersfees te vier. Soos met alle families is dit nie lank nie, of die klein jakkalsies begin byt en die irritasies begin krap.
Nanette is ’n liewe skoonma, maar wanneer sy haar skoondogter, Ingrid, oor haar in vitro-behandelings uitvra, verhoog die spanning. Francois vind ’n swangerskapstoets in die badkamer en dit veroorsaak verwarring rondom die Kerstafel.
Dawid se paadjie kruis weer met Melissa, sy hoërskoolliefde en dit lyk of ou liefde nooit roes nie...
Die prettige pasgetroudes Liam en Estelle, ’n vegan, is baie verlief en irriteer vir Francois grensloos, terwyl pa Hannes maar self die Kersboom moes opslaan.
’n Familievakansie kan sorg vir baie pret, misverstande en hope chaos – gooi al dié bestanddele saam en jy kry ’n eerlike en komiese weerspieëling van hoe ’n Afrikaanse gesin Kersfees saam vier.
Rolverdeling:
Francois Burger – vertolk deur Jaques Bessenger
Ingrid Burger – vertolk deur Juanita de Villiers
Liam Burger – vertolk deur Arno Greeff
Estelle Burger – vertolk deur Mila Guy
Dawid Burger – vertolk deur Reynard Slabbert
Hannes Burger – vertolk deur Louis Minnaar
Nanette Buger – vertolk deur Henriëtta Gryffenberg
Melissa – vertolk deur Leandie du Randt Bosch
Jannes – vertolk deur Johan Joubert
Agter die skerms:
Draaiboek – Lizé Vosloo
Regisseur – Lizé Vosloo
Desember: Foto’s