In’n stad van kroeks is daar net een cowboy, en sy naam is Dan.
Opsomming:
Kroeks steel ’n cowboy wat in ’n droomwêreld leef se beeste terwyl ’n beeldskone vrou sy aandag aflei. Maar die kroeks is kardiewe, die cowboy ’n karwag, die beeste karre en sy muse ’n kroegkelnerin. Die diefstal sit die stedelike cowboy op ’n tog om die kar terug te kry en reg en geregtigheid te laat geskied. Hierie tog lei vir Cowboy Dan deur die kriminele onderwêreld van Kaapstad, met Zancas – ’n bang boemelaar – as sy hulp.
Rolverdeling:
Brendon Daniels
Reginald Hufkie
Trix Vivier
Johnny Pienaar
Morné Visser
Ira Blanckenberg
Piet Marais
Agter die skerms:
Vervaardigers: Matthew Townsend, Marcelle du Toit en Wynand Louw
Regisseur: Wynand Louw
Draaiboek: Wynand Louw