Logo
Boesman, my Seun billboard
web uni tv guide

Boesman, my seun

144Drama
Boesman, my Seun poster

Meer oor die film

Opsomming:
Jy kan klaar wees met jou verlede, maar jou verlede is nooit klaar met jou nie.

Boesman, my seun ontgin die konflik binne gesinsverband wanneer ’n vervreemde seun ná sy ma se dood sy pa konfronteer. Die generasiekonflik vind uitbeelding in ’n outokratiese pa wat deurlopend sy wil op die seun afgedwing het en geweier het om bevraagteken te word, terwyl die seun gerebelleer het teen hierdie verstikkende omgewing en dit van hom afgegooi het, al het hy en sy ma steeds ’n sterk verhouding gehad. Vir die pa is die oorlewing van die volk sy dryfveer, maar die seun het ’n totaal ander ingesteldheid, omdat hy die jare van apartheid en militêre diensplig se mees negatiewe aspekte aan eie lyf ervaar het. Die sin en betekenis van die ouer-kind verhouding word ontgin en gryp ook weer terug na die grensoorlog en ander vormende invloede op die karakters se ontwikkeling.

Rolverdeling:
Pa – vertolk deur Marius Weyers
Boesman – vertolk deur Gustav Gerdener, Kaz MacFadden, Ian Roelofs
Ma – vertolk deur Franci Swanepoel

Agter die skerms:
Draaiboek – Deon Opperman
Regisseur – André Velts

Lokprent: Boesman, my Seun – #JouSondagdrama

Video
22 Januarie

Los alles waarmee jy besig is en skakel 10 Februarie om 20:00 in vir Deon Opperman en André Velts se film, Boesman, my Seun.

Die akteurs

Boesman, my Seun, Marius
Marius Weyers
Boesman, my Seun, Gustav
Gustav Gerdener
Boesman, my Seun, Kaz
Kaz McFadden
Boesman my seun_Ian
Ian Roelofs
Boesman, my Seun, Franci
Franci Swanepoel

Boesman my seun: Foto’s

Fotos
10 Januarie

Kyk hier na foto’s van die kykNET Film, Boesman my seun.

Gallery

Boesman my seun: Foto’s

1 van 12