Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
Barakat character aisha vinette ebrahim

Vinette Ebrahim

Vinette Ebrahim (gebore op 21 Februarie 1957) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur en skrywer, bekend vir haar rol as Charmaine Meintjies , sedert 2000, in die SABC2 sepie 7de Laan. Sy het as jong kreatiewe gewerk in Kaapstad as ‘n akteur en verhoog-hand op verskeie teaterproduksies.

In 2007, verwerf sy die Kanna-toekenning vir Beste Aktrise vir haar rol as Lena in die Afrikaanse weergawe van Athol Fugard se Boesman en Lena by die Klein Karoo Toneelfees.

By die 2013 Naledi Toekennings wen sy Beste Vroulike Hoofspeler in ‘n Teaterproduksie vir My Naam/Name is Ellen Pakkies.

Ebrahim het verskeie tekste geskryf, so ook ‘n een-vrou produksie oor haar lewe, Praat die storie smaak kry, wat sy in Afrikaans en Engels opvoer regdeur Suid-Afrika as deel van die Nasionale Vrouedag -viering.

In 2019 is Ebrahim te sien in die kykNET mediese-sepie, Binnelanders. In 2020 is sy te sien as die matriarg in die Afrikaap rolprent, Barakat en in 2021 in die Kaapse-komedie Swirl.