Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
Keeno Lee Hector Barakat Yaseen

Keeno-Lee Hector

Keeno-Lee Hector is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger en stemkunstenaar, bekend vir sy rol as Boeta Noor in die SABC2 reeks The Riviera.

In 2005 matrikuleer hy aan die Livingston Hoërskool in Kaapstad, waarna hy ‘n Uitvoerende diploma in Spraak en Drama aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Sedertdien het hy verskeie werk in die rolprent-, teater-, televisie- en stem bedryf gekry, insluitend 'n landwye toer in 'n verhoogproduksie van die musiekblyspel Fame.

Ander teaterproduksie sluit in, Giants, Stuart Little, Witnesses, Hamlet, Rent: The Musical en By George.

Sy filmkrediete sluit rolle in soos gesien in Finders Keepers, No man left behind, 24 Hours to live, Tremors: A cold day in hell, Seal Team Eight: Behind enemy lines, Bloodshot, The Banana Split movie, Holiday in the wild en Barakat.

Hector was ook gesien in verskeie televisie-produksies, met sy debuutrol as ‘n ondersteunendespeler in die vyfde episode van die SABC2 komedie Kompleks.

Vanaf 2013 tot 2015 vertolk hy die rol van Faruq, in die BBC3 millitêre komedie-drama reeks Bluestone 42. Hy vertolk ook dan die rol as Grand Vizier in die CBeebies fantasie drama-reeks, Jamillah and Aladdin.

In 2017 speel hy as die pastoor in die kykNET drama Sara se Geheim. In 2020 in hyo ok te sien op die kykNET skerm in die komedie, Kompleks, as Bradley.