Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
barakat zunaid joey rasdien

Joey Rasdien

Joey Rasdien is die gesig van die nuwe generasie van Suid-Afrikaanse komedie. Hy is bekend vir sy rolle in, onder andere, Running Riot, Bunny Chow, Vaatjie sien sy gat, Dollars and White Pipes, Outrageous Blitz Patrollie en Material met Riaad Moosa.

Hy het ook sy eie sitkom geskryf waar hy ook mede-vervaardiger was en self ook in gespeel het. Rasdien het uitgesaai op SABC2.

Rasdien het ook al by talle groot komedie-feeste in Suid-Afrika opgetree en is gereeld te sien by van die land se bekende komedie-klubs. Hy het ook al by die gesogte komedie-venue, Yuk Tuks, in Toronto opgetree.

Hy kan gesien word in verskeie televisie advertensie vir, onder andere, Cell C, One Life Direct, KFC, Die ICC Cricket Wêreldbeker -veldtog waar hy ook saam met die Proteas as een van die gesigte van Krieket Suid-Afrika getoer het.

Rasdien het in verskeie televisie programme verskyn soos, Comedy Showcase, Jerry Springer’s Saturday Night, The Phat Joe Show, Liriekeraai, Pap Idols, Spek Skieters en Quickies. Joey is gereeld te sien op kykNET en verskeie SABC 1, 2 en 3 -programme.

In 2007 wen hy Beste Akteur by die Nante Filmfees in Frankryk vir sy rol in Bunny Chow.

Hy is ook ‘n ambassadeur vir Adidas internasionaal en woordvoerder vir die 46664 en Mandela stigting.