Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
Danny Ross Barakat Nur

Danny Ross

Danny Ross is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, model en stemkunstenaar veral bekend vir die derde plek wat hy verower het in die SABC1-werklikheidskompetisie Class Act, in 2010.

Ross kan ook gesien word in die SABC2 drama Swartwater as Jason Prince.

Hy het spraak en drama studeer aan LAMDA, die Suid-Afrikaanse filminstituut onder leiding van Dorothy Ann Gould.

Sedert 2007 het hy rolle in verskeie teaterproduksies losgeslaan, onder andere, Tata ma chance, The Princess and the pea, Umoya Wezihlahla, A midsummer night’s dream, Sasol fever en Romeo and Juliet.

Hoogtepunte in sy loopbaan sluit in rolle in Death Race 3, 7de Laan, die SABC1 drama Tempy Pushas en ‘n herhalende rol in die kykNET sepie Binnelanders. Hy het ook ‘n nominasie verwerf vir Beste Akteur by die 48uur Filmprojek in Johannesburg.

In 2015 ontvang hy ‘n hoofrol in die kykNET-sepie Suidooster. In 2018 is hy te sien in die SABC2 drama Onder die Suiderkruis en in 2019 as Nathan in die kykNET & kie sepie, Arendsvlei.