Logo
Barakat  Billboard 1600 x 800
barakat gwen bonnie mbuli

Bonnie Mbuli

Bekend vir haar werk in film en televisie, akteur, besigheidsvrou en mediapersoonlikheid, Bonnie Mbuli, hou voort as ‘n baanbreker en inspirerende rolmodel. Op die ouderdom van 13 het sy harte gesteel in haar heel eerste rol in die reeks, Viva Families. Mbuli het voortgegaan om die skerms van verskeie plaaslike en internasionale produksies te pryk, maar dit was haar hoofrol in die sepie, Backstage, wat haar op die voorgrond geplaas het en later word sy ook gesien in die gewilde reeks Gazlam.

Haar loopbaan in filmbedryf het in die komende jare eksponensieel bly groei. Sy het rolle losgeslaan in verskeie produksies, onder andere, die baanbreker reeks, The Philanthropist vir NBC, die Clint Eastwood rolprent Invictus.

Maar in 2012 brei sy haar vaardighede uit en vestig sy haarself as 'n topverkoper-outeur van haar outobiografie, Eyebags & Dimples.

As aanbieder op een van die land se mees gekykde televisie programme, Afternoon Express, het Mbuli se elegansie en persoonlikheid haar gevestig as die kenmerkende siel-suster.