Logo
Ander mens
web uni tv guide

Ander Mens

144Aksie-komedie
'n Ander Mens

Oor die film

Daniel Niemand is een van die lewe se slaansakke. Sy vrou los hom vir hulle huweliksberader, dan vind hy uit sy baas is die hoof van ’n bende – en dít is die beste gedeelte van sy week...

Opsomming:
Daniel Niemand is een van daardie mense wie van die een mislukking tot die volgende teleurstelling lewe, en dis op ’n goeie dag. Hy weet dit nog nie, maar dit gaan alles binnekort verander...

Die moeilikheid begin wanneer sy vrou hom vir ’n ander man los, wie toevallig hul huweliksberader is. In ’n wanhopige poging om sy eer te herwin, bring Daniel per ongeluk sy eks-huweliksberader se lewe tot ’n einde.

Gelukkig (of óngelukkig) vir hom, ontdek hy dat sy baas, Frank, en dié se broer, Hansie, nie bloot die onskuldige eienaars van ’n konstruksiemaatskappy is nie, maar ook die ongenaakbare leiers van ’n plaaslike sindikaat.

Hoewel hulle intensies effe verdag en onduidelik voorkom, bied Frank en Hansie aan om vir Daniel te help om van die lyk ontslae te raak – maar dit is nie lank voor die polisie aan Daniel se deur kom klop en hom arresteer nie. Inspekteur Acker soek al jare lank ’n rede om vir Frank toe te sluit, en Daniel mag dalk net die perfekte geleentheid daarvoor wees, op die vooraand van sy aftrede. Daniel, wat soos altyd net die regte ding wil doen, gee vir Acker die informasie wat hy nodig het om Frank uiteindelik vas te trek.

Bewus van die teiken op Daniel se rug, kontak Acker die Getuienis-beskermingseenheid en Daniel word in die sorg geplaas van Erica Kruger, die beste in haar veld. Vir Daniel lyk dit asof sy lot uiteindelik ietwat meer rooskleurig voorkom – min weet hy dat Acker hom as lokaas gebruik om vir Frank, nou kort op sy hakke, vas te trek.

Welkom by die aakligste week in Daniel Niemand se lewe.

Rolverdeling:
Bennie Fourie 
Marlee van der Merwe
Frank Opperman
James Borthwick
Laudo Liebenberg
Andre Weideman
Jana Cilliers
Roeline Daneel

Agter die skerms:
Regisseur: Quentin Krog
Vervaardigers: Herman Binge, Jaco Smit, Roelof Storm, Elmarie Botha en Louis Botha
Draaiboek: Quentin Krog, Sean Daniels, Frannie van der Walt
Kinematogrofie: Jacques Koudstaal
Eerste assistent-regisseur: Megan Truter
Lynvervaardiger: Elmarie Botha
Produksie-ontwerp: Bathoni Robinson
Redigering: Eva du Preez
Oorspronklike musiek: Melissa van der Spuy
Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo
Hare en grimering: Mari Conradie

 

Ander Mens – Amptelike lokprent

Video
25 Julie

Niks is so eenvoudig soos wat dit mag voorkom nie, veral nie in dié Quintin Krog-film wat 23 Augustus 2019 in teaters landswyd draai nie.

Blaai deur nóg films

Die Stropers

Die Stropers

14:49 | 09 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Table Manners

Table Manners

15:00 | 09 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Kanarie

Kanarie

15:30 | 09 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Mayfair

Mayfair

16:55 | 17 Aug
web uni tv guide
Kanaal
144