Bram Fischer: “I’m trying to save your life, Nelson.”
Nelson Mandela: “And I’m trying to save yours, Bram!”
Opsomming:
Op ’n wintersdag in Julie 1963 voer die polisie ’n klopjag uit op ’n plaas in Rivonia. Nege swart en blanke leiers van die verbande ANC en Umkhonto we Sizwe word gearresteer. En ’n tiende lid word by die groep van nege gevoeg, ’n man wat vroeër gearresteer is: Nelson Mandela.
Die Apartheidsregime het een doel voor oë, om hierdie vryheidsvegters tot die dood te veroordeel: nie net as ’n waarskuwing aan die ANC se volgelinge nie, maar ook om ontslae te raak van hul mees berugte vyande; om die vryheidsbeweging ’n doodshou toe te dien.
Wanneer die vroue en families van die verdagtes probeer om ’n prokureur te kry om die beskuldigdes te verdedig, is die potensiële kandidate te bang of te teësinnig om hierdie mandaat te aanvaar. Die algemeen gerespekteerde Bram Fischer huiwer ook. Hy is Dekaan van die Balie Assossiasie, regsadviseur vir prominente mynmagnate en afstammeling van ’n prominente Boere-familie.
Maar Fischer huiwer om ander redes: hy het ’n geheim waarvan net sy vrou en ’n paar ander mense bewus is. Fischer moes die elfde beskuldigde gewees het, maar weens omstandighede was hy nie teenwoordig op die plaas in Rivonia toe die ander gearresteer is nie.
Fischer besluit om die verdediging aan te pak. Tydens die verhoor, moet Fischer nie net probeer sin maak van die bewyse wat deur die aanklaer gemanipuleer is en die omgekoopte of gemartelde ooggetuies ontbloot nie, hy moet homself ook beskerm teen opsporing deur van die ooggetuies.
Tydens die verhoor, kom Fischer toenemend tot die besef dat hy sy nie-gewelddadige beginsels moet prysgee en is hy bereid om die gewelddadige aksies van sabotasie en die gewapende opstand van die mense te ondersteun. Die doodstraf vir die beskuldigdes kan lei tot grootskaalse geweld en terwyl Fischer besig is met die saak, reël hy die opstand en berei hy die ANC voor om die voortou daarin te neem.
Tydens die verhoor ontdek die geheime polisie Fischer se dubbelrol en die Staatsadvokaat word deur die Minister van Justisie, Balthazar Vorster, gedwing om dit aan die lig gebring. Fischer is in ’n morele dilemma: hy moet kies tussen die verdediging van sy kliënte of sy eie welvaart en veiligheid.
Fischer kies om sy eie lewe en die van sy vrou en kinders in gevaar te stel, en hy word die man wat daarin slaag dat Nelson Mandela en die ander beskuldigdes nie die doodstraf opgelê word nie.
“Lewe! Dit is lewe!” is die kreet wat die vrye wêreld uiter wanneer die uitspraak van lewenslange tronkstraf aangekondig word.
Rolverdeling:
Peter Paul Muller
Antoinette Louw
Izel Bezuidenhout
Leroux van Diemen
Morné Visser
Willie Esterhuizen
Jose Domingos
Daniel Janks
Conrad Kemp
Greg Viljoen
Sylvaine Strike
Sello Motloung
Josias Moleele
John Henry Opperman
Getmore Sithole
Ashish G’
Thapelo Sebogodi
Momelezi Ntshiba
Hannes Brümmer
Dan Robbertse
Fezile Mpela
Agter die skerms:
Regisseur: Jean van de Velde
Draaiboek: Jean van de Velde
Vervaardigers: Richard Claus, Michael Auret en Hugh Rogers
Mede-vervaardiger: Patricia van Heerden
An Act of Defiance: Foto’s