kyknet channel logo
kykNET Slim BB - Wen Page

UIT

Jesmoné

My naam is Jesmoné Deon Damonseen ek is op 22 Junie 1988 in die Paarl gebore. Ek is die seun van Eleonor Damonse enSagaria Malgas. Ek was in Paarlzicht Primêre Skool en Charleston Hill Sekondêre skool. Ek het in Klein Nederburg (Magnolia Flats) gewoon tot in my matriekjaar (2006). In 2007 het ek na Groenheuwel (Hillside) verhuis en daar gewoon tot in 2014 toe ek Stellenbosch toe getrek het. Daar het ek my pragtige vrou, Destiny Arnolds, ontmoet en op 24 Desember 2016 met haar getrou.Ons het twee pragtige dogtertjies, Skyeler (8) enCharnia (6).Ek werk tans by die Stellenbosch Academy of Sports (SAS)as ‘n algemene werker en ek geniet dit,want ek is lief vir sport; veral vir rugby. Dit is vir my ‘n eer om die kans te kry om deel te weesvan hierdie wonderlike geleentheid. Ek is hardwerkend. Ek is baie lief vir musiek. Ek het ‘n oop, vriendelike persoonlikheid. Dit is vir my goed om ander mense te help en te verseker dat hulle die heel beste ervaar, al beteken dit dat ek aan die korste end trek. Dit is hoe my ma my grootgemaak het

Goldstone
Jodi
Jesmoné