UIT
Jason Hurling (30) en Stefan (Barney) Barends (27) is beter bekend as die Frontline Soldiers, hulle is afkomstig van Uitenhage.Ons is ’n rymkletsgroep wat oorspronklike materiaal skryf en uitvoer.Ons lirieke vertel die stories van ons gemeenskap, hul vreugdes, pyne, tekortkomings en prestasies.Ons staan ook bekend as die Braze vani Dalegroep in ons gemeenskap.Ons het in 2013 een van ons groeplede verloor en vandaar is Frontline Soldiers gestig. Die dood van ons vriend is die dryfkrag agter die meeste van ons lirieke.Ons het die afgelope paar jaar op verskeie platforms deelgeneem en is dankbaar vir elke gelegenheid. Ons grootste geleentheid nog is om ons talent op Maak My Famous te wys.