UIT
My naam is Charmaine Chitter. Ek is 37 jaar oud en sing al sedert ek 9 jaar oud was,toe ek vir die eerste keerin die kerk gesing het. Toe was ek regtig bang en skaam. My ma het altyd vir my gesê dat ek ‘n gawe van God ontvang het. Sy het my altyd aangemoedig om te sing. Ek het meestal in die kerk gesing. Ons buurvrou, Vanecia De Koker, is my beste vriendin en sy het myaltydop die verhoog getel om te sing as ons‘nvertoning bygewoon het. My ma en my vriendin,saam met wie ek grootgeword het –sy was soos ‘n suster vir my –het my altyd gemotiveer en aangemoedig om te sing.Vanecia het my ook ingeskryf vir die #Maak My Famous “show”. Sy het myoudisie-videoingestuuren dit is aan haar te danke dat ek in die toptwintig finaliste is. Die beste van die #Maak My Famous “show” is dat ek almal wat hierby betrokke is kon ontmoet. Ek hou van almal hier. En wonderlikeEmo Adams is my inspirasie. Hy maak alles vir ons moontlik. Dankie aan almal van julle. Dit is ‘n ongelooflike ervaring om hierby betrokke te wees. Met God se ondersteuning en selfvertroue gaan ons dit maak. Selfs al is ons nie hier suksesvol nie, is daar vele geleenthede daarbuite. Wees dankbaar vir die ervaring, want dit sal ons voorberei vir ander soortgelyke ervarings. Ek glo steeds dat ekeendag wel bo sal uitkom as mense my sien en hoor. God sal die weg bepaal,al lyk dit of daar geenpad is nie.