UIT
Ek Bernice van der Westhuizen het groot geword in ’n klein dorpie Swartruggens. Ek het in ’n musiekale familie groot geword en was van kleins af al passievol oor sang en toneel.Ek is ’n dagdromer, is lief vir musiek, mense, kultuur en Die Here ! Ek is ’n optimus met groot drome en leef myself in al wat my passie is uit.My gemaksone is op ’n verhoog en ek hoop om eendag al my drome in die musiek en drama bedryf voluit te lewe.Die lewe is uitdagend, maar ek sien elke oomblik daarvan as deel van die proses om die beste weergawe van myself te word.Die Here is vir my goed en ek is dankbaar vir die geleenthede oor my pad.Ek’s tans besig om myself uit te leef op die nuwe platform van “Maak My Famous” en geniet werklik elke oomblik daarvan.Ek sal nooit ophou om te doen waarvoor ek lief is nie, selfs al maak dit my dalk nie skatryk nie, sal dit my hart die vreugde van ’n leeftyd gee.Ten spyte van verskeie verantwoordelikhede glo ek daarin dat as jy die geleentheid het moet jy jou passie bemeester en jouself uitleef in dit waarvoor jy lief is.Ek voltooi die jaar my laaste skooljaar en ek sien uit vir wat in die toekoms vir my wag!