UIT
Van my kindertyd af het ek 'n passie vir sing en musiekmaak. Alhoewel ek nie aan die begin die selfvertroue gehad het om voor mense te sing nie,het my passie daarvoor my mure laat tuimel. Ek het in Kempton Park grootgeword. Ek het in die laerskool-, hoërskool-en Oosrandse Jeugkoor gesing. Een van my trotste oomblikke was toe ek ons hoërskool se Kempie Idols kompetisie gewen het. Dit is waar een van my byname, "Idol" vandaan kom. Kort daarna het ek en 'n paar skoolvriende ingeskryf vir Rockspaaider waarin ons een van die finaliste was. Ek was baie opgewonde om NWU Pukke toe te gaan. Ek het daar in verskeie “bands” gespeel, deelgeneem aan Sêr en was lid van die PUK-koor. Om finansiële redes kon ek nie my studies voltooi nie. Ek het toe aangebied om Sêr af te rig. Dit was “amazing”! Ons het baie goed gedoen en dit was my passie. Vandag werk ek by 'n versekeringsmaatskappy in Potchefstroom, ek verwerk deeltyds musiek en is baie opgewonde oor wat in die jaar voorlê.