Logo
Mooimaak_Charmaine

Charmaine van Wyk

Ek is van Melkbosstrand. My ma

Ek is van melkbosstrand. My ma is op 58 oorlede. My pa het 15 jaar by my en my man gebly. Toe my man oorlede is, kon my pa nie sy dood verwerk nie, en is presies ’n maand na my man oorlede.

Ek was getroud met EP Venter. Ons altwee was speurders in die SAP. Ons het drie kinders; twee dogters en een seun. Ek het die polisie verlaat in 1992 en toe het ek daarna vir Transhex gaan werk, op die diamantbote, hoof van die sekuriteit.

Ek het ’n maand op die see gewerk in Ludritz en ’n maand by die huis, vir ’n goeie salaris – ons het die geld nodig gehad.

Ons was ’n baie gelukkige paartjie en hy was ’n stunning man en pa vir sy kinders.

Terwyl ek gewerk het in Ludritz, het my man ’n aneurisme gehad. Hy was vier dae in ’n koma en is oorlede. Ek moes my werk los om na die kinders om te sien. En toe ek nog my pa ook verloor het, was dit maar swaar vir my en my kinders.

Ek het gesê nooit weer trou nie. Die Here het ’n sin van humor, want ek raak toe verlief op ’n baie goeie vriend van my en my oorlede man. Gert van Wyk. Hy is ’n parapleeg en in ’n rolstoel.

Ek wil ook net gou bietjie brag – Gert het jare terug vyf goue medaljes Suid-Afrika toe gebring vir handcycling ens.

Hy is baie aantreklik en ’n baie goeie atleet. Hy was jare lank ’n vriend van ons familie en my man. Hy het net een aand uit die bloute vir my gesê hy wil vir my iets vra, maar dat dit asb nie ons vriendskap moet benadeel nie. Ek het gesê hy kan enigiets vra, en hy vra toe vir my of hy my kan soen. Ek het so groot geskrik dat ek ja gesê het, en toe soen hy my, en nou ja, toe is die koel deur die kerk.

My man is 10 jaar al oorlede. Ek en Gert was 5 jaar verloof en is nou ’n jaar getroud.
 Ek het daarna vir Integral Safety kontrakwerk gedoen, en het veiligheidsklere en veiligheids-toerusting vir Eskom verkoop. Maar nou, na 8 jaar, maak ek einde Junie 2017 klaar want ons kontrak word nie hernu nie, en dan het ek nie werk nie.

Dit is vir my baie belangrik dat God eerste kom in my lewe, dan my man en my kinders – en natuurlik my kleinkinders. Ek is ’n nuwe ouma.

Ek is ’n positiewe, eerlike en reguit mens, en baie lief vir mense. Lojaliteit is vir my belangrik.

Ek is ’n groot bok vir sports en hou daarvan om mense te laat lag.

is op 58 oorlede. My pa het 15 jaar by my en my man gebly. Toe my man oorlede is, kon my pa nie sy dood verwerk nie, en is presies ’n maand na my man oorlede.