Logo
Mooimaak_Bianca

Bianca Venter

Ek woon in Somerset Wes en werk as ’n kinderterapeut vir outistiese kinders, en is ook onderwys-assistent by dieselfde maatskappy. Dit gee my soveel vreugde om dankbaarheid in hul ogies te sien wanneer iemand hulle verstaan en liefde gee. Dit is vir my baie belangrik dat mense weet daar is ander wat regtig omgee vir hulle. Elke mens het iemand nodig wat hulle hoop gee vir die lewe, en die potensiaal en gawes wat in hulle is navore te bring.

Ek hou daarvan om in my vrye tyd jongmeisies te mentor en hulle te bemagtig met beide kennis, leiding en geloof. Dit is belangrik om hulle leiding te gee waar nodig – hulle is immers die leiers en moeders van môre.

Vandat ek begin aknee kry het, en meer bewus geword het van my “imperfeksies”, het ek minder persoonlike kontak gemaak met hierdie jongmeisies as gevolg van my selfbeeld wat ’n knou gevang het. Ek wil na skole gaan, kinderhuise, meer motivering-praatjies gee en ook mentor-programme doen in my vrye tyd.

My aknee het onverwags begin in my twintigs en van daar het dit erger geword. Ek glimlag ook selde as gevolg van my tande wat skeef is, so ek probeer graag foto’s vermy.