Logo
Mooimaak_Bernice

Bernice du Plessis

Ek is gebore in destyds Pietersburg, of nou Polokwane, en het vir die meeste van my lewe daar gebly.

My seun het in Stellenbosch kom studeer, en toe hier aangebly. Hy is nou my enigste kind (my ander seun het ek verloor op die ouderdom van 17 in ’n motorfiets-botsing). My pa is in 2005 oorlede, en my man daarna, toe is dit net my ma en ek daar vêr weg.

Met baie oortuiging het my seun my Stellenbosch toe laat trek, aangesien ek my kleinkinders meer wou sien.

My ma, nou 89-jaar oud, bly by my. Sy het dimentia. My daaglikse takies is om haar aan te trek, en gelukkig te hou. Dit is vir my ’n eer om dit te doen.

Ons gaan maar min uit, en dus nog nie veel mense ontmoet nie.

Ek het ook begin bant, en in ’n jaar 20 kg verloor. Met die lewensklappe en die dieet het ek verskriklike plooie gekry – nie ’n aantrekking vir [hopelik] ’n nuwe lewensmaat nie.