UIT
My naam is Renier Conradie. Ek is 25 jaar oud en werk huidiglik by ’n bou materiaal verskaffer. Ons begin 7 uur in die oggend by die werk en ek kom gewoonlik net voor 6 die aand by die huis, wat my tyd beperk, maar ekhet ’n droom. As dit beteken tot 2 uur in die oggend werk en dan 6 uur weer te moet opstaan dan sal dit so wees.Dis daai ekstra tree wat die verskil maak op die einde van die dag.My droom is om ’n lewe te maak uit musiek en om ’n inspirasie te wees vir elke liewe Suid-Afrikaner.Ek bly op ’n klein dorpie, Robertson en kom uit ’n goeie huis met ’n goeie ma en pa. Op ’n klein dorpie is daar egter nie geleenthede vir kunstenaars nie en dis ’n styd, want hoe bereik ek die res van Suid-Afrika? Dankie Maak My Famous, want ek is klaar besig om dit reg te kry deur die blootstelling wat ek by julle kry. My naam is Renier Conradie... En ek is die Pret Kadet.