kyknet channel logo
Dis Tyd Page Bill

UIT

M.C. Noedy

Ek is Abdun-noor Francke a.k.a. M.C NOEDY a.k.a. N.O.E.D.Y (Never Over Estimate Define Yourself). Ek is 22 jaar oud en ek is ‘n opkomende kunstenaar van Ocean View. Ek het in 2017 op die verhoog begin optree, maar ek het reeds in 2011 begin “rap”. Voor 2017 was ek dus ‘n “binnekamer-rapper” omdat ek nie genoeg selfvertroue gehad het om voor ‘n gehoor te “rap” nie.Ek is mal oor musiek skryf, want ek kan dinge op ‘n ritme sê wat ek nie in ‘n normale alledaagse gesprek kan sê nie. Ek kan myself en my diepste gevoelens uitdruk deur middel van dit wat ek die meeste geniet. Ek het nogal ‘n sin vir humor en sal altyd probeer om op die verhoog ‘n grap te maak voordat ek begin kletsrym, net om die ys te breek. Ek hou daarvan om jongmense te inspireer en ek gebruik ‘n humoristiese karakter om musiek te maak wat kinders en ouer mense geniet en wat hulle voete laat jeuk. My doel is om aan mense te wys dat ek ‘n “Ghetto Coloured Boy” is wat my storie aan hulle wil vertel,sodat hulle my kan aanvaar, want niemand ken my eintlik regtig persoonlik nie. Ek het in Ocean View skoolgegaan en in 2017 matriek geslaag. En, ja goed, dit was laat, maar ek het deur my foute lesse geleer. Ek bly by my ma en ek het ‘n driejarige seun. Ek speel graag sokker en “pool” vir ontspanning. Ek werk tans aan ‘n nuwe album met die titel "Call It What U Like".Dit is bedoel vir oud en jonk en manlike en vroulike aanhangers. Die hoofdoel met my musiekloopbaan is net om aanhoudend te verbeter en my beste te doen. Ek leer steeds daagliks en sal altyd student in die bedryf bly. Never Over Estimated Define Yourself, en ja,hom naam Is M.C Noedy en hy is straight van die Ocean View.

Logan
Maché
MCNoedy