Ek is Cheswyn Ruiters, 23-jarige sanger, gebore en grootgeword in Worcester.Ek is ’n finalejaar BA-student by die Universiteit van Wes-Kaap. Ek het op 10-jarige ouderdom in die kerk begin sing en het op 16-jarige ouderdom by Barnyard en ander talentkompetisies opgetree en deelgeneem. Ek wou nog altyd musiek doen. My droom is om 'n voltydse kunstenaar te wees en om mense vreugde te bring deur musiek te maak. Ek is die jongste van 4 kinders en ek sien tans om na my ma. My liefde vir musiek het in die kerk begin toe my pa my gevra het om iets vir die mense te sing en die res is geskiedenis.