web uni tv guide
Ruben in Namibie SP BB
web uni tv guide

Ruben In Namibië

144Natuur18
Ruben in Namibie Poster

Kykers kan regskuif om dié liefdevolle spannetjie te ontmoet in die eerste van twee episodes van die kort dokumentêre reeks, "Ruben in Namibië".

S1 | E2
13 Januarie 20:30
'S1/E2 of 2'. Dis badtyd vir Cindy voor die bekendstelling van die Ruben Lambrechts Stigting, gemik op Droogtehulp in Na...

Ruben in Namibië: Cindy, die sterbobbejaan, en ’n hele werf vol internetberoemde diere

News06 Desember 2024
Op 6 Januarie 2025 om 20:30 kan kykers regskuif om dié liefdevolle spannetjie te ontmoet in die eerste van twee episodes van die kort dokumentêre reeks Ruben in Namibië.
Ruben in Namibië

Op die plaas Simmenau buite Windhoek in Namibië woon Ruben Lambrechts, ’n jong man met ’n groot digitale voetspoor: 1,2 miljoen volgelinge op Instagram, meer as 1,4 miljoen op Facebook en bykans 500 000 op TikTok. Maar dis nie Ruben wat al die aandag trek nie – mense kry nie genoeg van die doen en late van die bobbejaan Cindy Crawford, die twee meerkatte Jerry en Minki en ’n rits ander diere wat Simmenau hulle huis noem nie.

Op 6 Januarie 2025 om 20:30 kan kykers regskuif om dié liefdevolle spannetjie te ontmoet in die eerste van twee episodes van die kort dokumentêre reeks Ruben in Namibië.



Cindy, wat in 2024 haar 30ste verjaardag gevier het, is die groot ster van die werf. Sy is as babatjie deur Ruben se ouers, Barista en Malan, hans grootgemaak. Op Simmenau bly geen diere in hokke nie, en die Lambrechts-gesin hoop van die diere kan weer in die natuur hervestig word. Die diere is vrylopend en gaan terug veld toe om te jag en speel die hele dag sorgeloos rond.



In die eerste episode ontmoet ons die familie. Benewens Ruben, Barista en Malan, is daar Ruben se tweelingbroer, Tertius, asook die ander diere op die plaas, soos Zoey die muishond, die vlakvarkies Betsie en Bennie, Rigby die Bavariese bloedhond (Cindy se boesemmaat) en Tewis die Afrika-wildekatkruising, wie se pa ’n regte wilde kat is.



Die twee episodes is elk 48 minute lank, en die hooffokus is op Ruben en Cindy, maar daar word ook na ander kwessies gekyk, soos die jag van wild en die kritiek op sosiale media van mense wat nie Ruben se werk ondersteun nie. Ruben vertel ook hoe dit gebeur het dat hy ’n superster op sosiale media geword het en van die Ruben Lambrechts-stigting wat in November 2024 van stapel gestuur is. Die fel droogte is ook deel van hierdie storie en landskap. Die Stigting is juis in die lewe geroep om Droogtehulp Namibië te ondersteun.

Die eerste episode van Ruben in Namibië word 6 Januarie om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die tweede en finale episode is op 13 Januarie. Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Nog Programme

DStv Catchup
Schuster

Schuster

20:00 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Boer soek n vrou S17 Maint Poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 09 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Vat jou goed en trek S12 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 10 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Wanderlus S4 Poster

Wanderlus

18:00 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Pootpraktyk S1 Poster

Pootpraktyk

18:30 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Ysters op die platteland S1 Poster

Ysters Op Die Platteland

19:30 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Moer n boer S2 Poster

Moer 'n boer

20:00 | 11 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Tussen Mure S1 Poster

Tussen Mure: Masculus

17:30 | 12 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S27 Poster

Fiësta

18:00 | 12 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Jou MASE taal

Jou Mase Taal

20:00 | 12 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
1 Spoor avonture S2 Poster

1 Spoor Avonture

17:30 | 13 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144