web uni tv guide
Op pad met my potjie S2 SP BB
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG
Op pad met my potjie S2 Poster

’n Splinternuwe reeks waarin die aanbieder, Joalette de Villiers, deur Namibië reis met haar potjie en ’n kop vol resepte.

Spitzkoppe

S2 | E6
02 Januarie 18:30
'S2/E6 - Spitzkoppe'. Joalette reis na die Spitzkoppe om Ingrid en haar ma, Anne-Lucia, te ontmoet. Hulle wys haar hul h...

'n Nuwe avontuur deur Namibië in Op pad met my potjie Seisoen 2

News29 Oktober 2025
“Op pad met my potjie” is binnekort terug op kykNET!
Op pad met my potjie

Na ’n geurige eerste seisoen is Op pad met my potjie terug vir nóg ’n heerlike avontuur vanaf Vrydag 28 November 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) — en dié keer verken Joalette de Villiers ander dele van Namibië. Waar sy in die eerste seisoen reeds die land se mense en geure leer ken het, reis sy nou verder en dieper die land in om nog meer unieke gemeenskappe, plekke en potjies te ontdek.



Van wildreservate tot kusdorpe, van plaaslewe tot dorpsmarkte — Joalette ontdek weer die hart van Namibië deur sy mense, kos en kultuur. “My nommer een rede om terug te keer bly altyd die mense en my land,” sê Joalette. “Daar’s soveel wonderlike afgeleë plekke en mense wat my laat tuis voel sodra ek daar aankom. Die unieke potjies wat gemaak word, is die kersie op die koek.”

In Seisoen 2 besoek Joalette dertien uiteenlopende dorpe en gemeenskappe, onder meer die volgende:

  • by N/a’an ku sê ontmoet sy Marlice en Rudie van Vuuren van die kykNET progam Groen: Namibië en kook ’n beesvleispotjie;
  • in Rehoboth leer sy meer oor die Basters se geskiedenis en maak ’n lamskenkelpotjie;
  • in Otjiwarongo maak sy en Christian ’n krokodilvleispotjie;
  • in Hentiesbaai probeer sy visvang en maak daarna ’n steenbraspotjie;
  • en by Noordoewer sluit sy haar avontuur af met ’n sout pampoenpotjie.



Vir Joalette was dié seisoen nie net ’n kulinêre reis nie, maar ook ’n persoonlike ontdekkingsreis:

“Ek het leer mozzarella-kaas maak, boerseep kook, leerwerk doen, visvang en selfs ’n krokodil gevoer! Hierdie seisoen was propvol nuwe, unieke kennis. Absoluut besonders,” vertel sy.

Elke episode bring nuwe gesigte, nuwe lesse en nuwe geure. Vir Joalette staan drie woorde sentraal: kennis, avontuur, passie.

“Ek hoop kykers sien die passie van die mense wat ek ontmoet het – hulle wys dat jy met min baie kan doen, en dat ware geluk lê in wat jy liefhet,” sê sy.

Moenie die tweede seisoen van Op pad met my potjie misloop nie – vanaf Vrydag 28 November om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

 

Nog Programme

DStv Catchup
Lat wiel S33 Poster

La't Wiel

17:30 | 30 Des
web uni tv guide
Kanaal
144
Kokkedoor: Son & See

Kokkedoor: Son & See

20:00 | 01 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Vat jou goed en trek S12 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 02 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Pootpraktyk S1 Poster

Pootpraktyk

18:30 | 03 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Voetspore S14 Poster

Voetspore

20:00 | 04 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Hier gaan ons alweer S24 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 05 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Overbergbewoners S1 Poster

Overbergbewoners

21:30 | 06 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S21 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 07 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144