web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG

Beverley Snaaitjie

Ek is in die hartjie van die winter in 1980 in Johannesburg gebore en het in Eldorado Park grootgeword.

Ek is die jongste van drie kinders, en was op skool nogal stil en teruggetrokke. Mettertyd het ek ’n liefde vir drama, musiek en kuns ontwikkel.

Na matriek het ek ’n kursus in Mediastudies gedoen en toe die korporatiewe wêreld betree, maar dit het my nie eintlik aangestaan nie. Ek het dit baie eentonig gevind en meer belanggestel in die media.

In 2009 het ek voltyds begin werk by die gemeenskapsradiostasie Eldos FM. Dáár het ek vir ses jaar as nuusleser, aanbieder en uiteindelik programbestuurder gewerk.

In Mei 2015 het ek ’n nuwe uitdaging aangegryp toe ek by e.tv se ontbytprogram, Sunrise, as aanbieder aangestel is. Die oorgang van radio na televisie was ’n groot uitdaging en avontuur.

Van Junie 2016 af is ek ’n anker en skrywer by eNuus. Dit is vir my ’n voorreg om saam met ervare joernaliste en uitsaaiers soos Freek Robinson, Jenna-Leigh Bilong, LiMari Louw en JP Keyter te werk.

My driejarige dogter Marley is my hart se punt. Wanneer ek nie my hande vuil maak met tuinwerk, koekies bak of verf nie, geniet ek dit om te braai saam met vriende en familie. Ek is ook lief vir lees en fliek.