web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Krokodilskenkelpotjie en krummelpap: Otjiwarongo – Op pad met my potjie

Nuus09 Januarie 2026
Krokodilvleis? In ’n potjie? Probeer gerus dié resep.
Op pad met my potjie S2 Ep 7 Article Image

Krokodilskenkelpotjie en krummelpap

Krokodilskenkelpotjie

3 kg krokodilskenkel

1 kg spek

1 blik fyn pynappel

½ blik ingelegde appelkose

1 knoets vars gemmer, geskil

1 glas Sauvignon Blanc

3 rooi rissies

1 knoffelhuisie

2 medium aartappels

3 groot wortels

1 teelepel witpeper

2 teelepels borrie

2 teelepels kerriepoeier

2 teelepels paprika

sout na smaak

’n handvol elk vars basiliekruid, knoffelblare, vars tiemie, vars oreganum en vars pietersielie

1 groot suurlemoen

1 koppie sonneblomolie

 

Krummelpap

1 ½ kookwater

3 koppies mieliemeel

2 teelepels sout

 

Salsa

1 groot groenrissie

4 medium tamaties

1 groot uit

2 – 3 takkies vars mentblare

 

Om die potjie te maak

Indien die krokodilskenkels kloue het, verwyder dit. Sny die ui, spek, wortels en aartappels in stukke. Verwyder die rissies se pitte en sny in ringe. Halveer die appelkose. Sny die knoffelhuisie in drie en kap die gemmer in kleiner stukke.

Sit die peper, borrie, paprika, kerriepoeier, sap van die suurlemoen, die fyn pynappel die glas wyn apart.

Maak ’n vuur en plaas jou pot daaroor. Wanneer die potjie warm is, voeg die olie by. Voeg die krokodilvleis by, asook die sout en witpeper. Braai die vleis tot bruin en skep dan uit.

Plaas die uie, spek, wortels en aartappels in die pot. Voeg die borrie by en meng deeglik. Voeg drie koppies water by en laat dit kook.

Voeg die knoffel, gemmer, paprika, kerriepoeier, suurlemoensap en die wyn by. Plaas die vleis terug in die pot. Roer om al die bestanddele te meng. Laat dit vir 15 minute kook.

Voeg die rissies, appelkose en die blikkie fyn pynappel by. Roer en laat dit vir nog 15 tot 20 minute kook of tot die vleis sag is.

Om die krummelpap te maak

Kook water in ’n aparte pot. Voeg 1½ koppies mieliemeel by in die middel van die pot sonder om dit te roer. Sit die deksel op en laat dit vir 5 tot 8 minute kook. Lig die deksel op en meng goed met ’n vurk. Voeg nog 1 koppie meel by en laat vir 15 minute kook. Voeg dan die laaste halwe koppie meel by, meng met ’n vurk en kook vir nog 15 minute. Meng dan weer met ’n vurk om die krummelrige tekstuur te kry.

Om die salsa te maak

Sny die groenrissie, tamatie en ui in blokkies en breek die mentblare van die takkies af. Meng goed deur tot alles gemeng is.

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Instagram, TikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.