web uni tv guide
web uni tv guide

Op Pad Met My Potjie

144DramaPG

Hoenderpot met stampmielies: Keetmanshoop – Op pad met my potjie

Nuus19 Desember 2025
Wie hou dan nou nie van 'n hoenderpot nie?
Op pad met my potjie S2 Ep 4 Article Image

Stampmielies

500 g stampmielies

1 eetlepel sout

Ongeveer 300 ml water (meer indien nodig)

warm water om mielies in te week

 

Plaas die stampmielies in ’n bak of pot en gooi genoeg warm water in om dit te bedek. Laat dit oornag week.

Om dit die volgende dag gaar te maak, plaas ’n potjie oor die vuur en verhit effens. Gooi die water van die stampmielies af. Sit stampmielies in die potjie en voeg sowat 300 ml vars water asook die sout by. Kook tot sag. Roer elke nou en dan en maak seker daar is genoeg water in die potjie. Indien jy wil, kan jy botter byvoeg.

 

Hoenderpot

6 hoenderstukke soos dye of boudjies

3 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 medium ui, gekap

250 g gemengde groente, vars of gevries

50 – 100 ml blatjang

1 eetlepel spicy beef-soppoeier

1 eetlepel chili beef-soppoeier

1 eetlepel borrie

1 eetlepel sout

1 eetlepel hoenderspeserye

1 eetlepel kerriepoeier

50 ml sonneblomolie

ongeveer 300 ml water

 

Plaas die potjie oor ’n mediumwarm vuur. Voeg die hoenderstukke en 300 ml water by. Sit die deksel op en laat die hoender kook.

Terwyl die hoender kook, skil en sny die aartappel en kap die ui.

Ná die hoender vir ongeveer 15 minute gekook het, voeg die sout en die borrie, sout, hoenderspeserye en die kerriepoeier by. Roer sodat al die hoenderstukke bedek is. Voeg die aartappels by en kook vir nog 5 minute met die deksel op.

Voeg die groente en ui ná 10 minute by, roer versigtig en sit weer die deksel op.  Meng die soppoeiers en blatjang in ’n aparte bakkie met ongeveer 100 ml water tot glad. Voeg dit by die potjie en laat dit vir 5 tot 7 minute prut tot alles sag en geurig is. Bedien met warm stampmielies.

 

Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Instagram, TikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.