kyknet channel logo

Erkenning vir plaaslike stories en storievertellers met die aankondiging van die benoemings vir die Suid-Afrikaanse Film en TV-toekennings

Nuus18 Februarie 2026
Die 2026 Safta-benoemings gee erkenning aan die talent wat die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf laat blom, en vereer uitsonderlike werk oor ’n wye verskeidenheid genres en platforms heen.
SAFTAs

MultiChoice, ’n CANAL+-maatskappy, het 225 benoemings ontvang vir inhoud wat op DStv en Showmax uitgesaai is. Hiervan was 142 benoemings vir DStv se eie kanale. Die kykNET-kanale het met ’n somtotaal van 74 die meeste benoemings ontvang, gevolg deur die Mzansi-kanale (33), M-Net (30) en SuperSport (5). Showmax Original-inhoud het 66 kopknikke van die Safta-beoordelaars gekry.

Derdeparty-kanale wat op DStv uitgesaai word, het ’n verdere 17 benoemings in verskeie genres ontvang. Hierdie syfers is ’n aanduiding van die omvang en verskeidenheid van plaaslike inhoud wat die MultiChoice-ekosisteem aan kykers bied.

“Hierdie benoemings weerspieël die ongelooflike werk wat deur storievertellers in ons bedryf geskep word. Ons is trots om saam met kreatiewe spanne te werk wat met soveel toewyding en uitnemendheid lewe aan Suid-Afrikaanse stories gee. Baie geluk aan elke benoemde wie se vakmanskap, samewerking en toewyding ons in staat stel om kragtige Suid-Afrikaanse stories na kykers te bring,” sê Nomsa Philiso, Direkteur: Inhoud en algemene vermaak in Engels- en Portugeessprekende Afrika vir die MultiChoice-groep, ’n CANAL+-maatskappy.

Mzansi Magic se Ithonga is vanjaar die telenovela met die meeste benoemings. Die Tshedza Pictures-reeks is vir 10 Saftas benoem, onder meer in die kategorieë vir beste telenovela, beste aktrise (’n eerste benoeming vir Nelisiwe Sibiya), beste vroulike byspeler (’n eerste benoeming vir Zodwa Nkosi) en beste akteur (Bonko Khoza, wat ’n tweeling speel).

Klik HIER vir die lokprent.

M-Net se Reyka 2 is die dramareeks met die meeste benoemings. Quizzical Pictures se misdaaddrama is vir nege Saftas benoem, insluitend beste TV-drama, beste regie (Catherine Cooke en Rea Rangaka) en beste aktrise (Kim Engelbrecht). Die eerste seisoen het Internasionale Emmy-benoemings gekry in die kategorieë vir beste TV-drama en aktrise (Engelbrecht).

Klik HIER vir die lokprent.

Kort op Reyka 2 se hakke is nog ’n misdaadreeks uit die Quizzical Pictures-stal, White Lies, met agt Safta-benoemings, insluitend beste TV-drama. 

In die kategorie vir beste dokumentêr of dokumentêre reeks ding M-Net se Outside Lane en die Internasionale Emmy-benoemde School Ties mee met Showmax se Steinheist en Tracking Thabo Bester, wat ’n rekordgetal kykers gelok het, asook SuperSport se Internasionale Emmy-benoemde Chasing The Sun 2, oor die Springbokke se jongste Wêreldbeker-oorwinning.

Die Showmax Original-rolprent The Fix is vanjaar die speelfilm met die meeste benoemings. Dié distopiese body horror-prent van Crave Pictures is vir 11 Saftas benoem, insluitend beste speelfilm en beste regisseur (Kelsey Egan).

Klik HIER vir die lokprent.

MultiChoice-sterre het vanjaar ook ’n groot teenwoordigheid in die kategorieë vir beste akteurs gehad.

Champions se Sello Maake ka Ncube is in die telenovela-kategorie benoem. Magda Louw se Hannes van Wyk en Pronk Primêr se Pietie Beyers het kopknikke in die komedie-kategorie ontvang. In die speelfilmkategorie is daar bekende én nuwe gesigte. David Isaacs is benoem vir Hier.Na, Louw Venter vir Som van twee, en Ayden Croy het die eerste Safta-benoeming van sy loopbaan vir Old Righteous Blues ontvang. In die TV-drama-afdeling is Frank Opperman vir Nêrens, Noord-Kaap 2 benoem. Presley Chweneyagae het ’n postume benoeming in hierdie kategorie ontvang vir sy spel in Cobrizi. In die TV-sepie-kategorie is Binnelanders se Hykie Berg benoem.

June van Merch het twee benoemings gekry – vir beste aktrise vir Hier.Na en beste vroulike byspeler vir Die Kwiksilwers.

In die telenovela-kategorie het Wyfie se Celeste Loots haar eerste benoeming gekry, terwyl Desiré Gardner erkenning ontvang het vir haar Magda Louw in die TV-komedie-kategorie. In die TV-sepie-kategorie word die hoed gelig vir Binnelanders se Je-ani Swiegelaar, en Inimba se Zenande Mfenyana het ’n benoeming ontvang in die kategorie vir beste vroulike byspeler in ’n telenovela.

Die toekenningsgeleenthede sal op 13 en 14 Maart 2026 plaasvind. Die SAFTAs se Craft-toekenningsgeleentheid sal op 13 Maart 2026 regstreeks op die SAFTAs se YouTube-blad en oor alle sosiale mediaplatforms gestroom word. Die Hoof-toekenningsgeleentheid sal op 14 Maart 2026 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai word, ná die rooitapyt-uitsending.

Hier is ’n volledige lys van benoemings vir Afrikaanse inhoud uit die MultiChoice-stal:

SHOWMAX

REALITEIT / VERSKEIDENHEID

• Besgestruktureerde sepie: Realiteits-TV — Beaulah: Queens van die Kaap
• Beste TV-speelfilm — Matilda en Matthys

TV-KOMEDIE (Mince jou hare)

• Beste grimering en haarstilering
• Beste garderobe
• Beste klank
• Beste kunsregie
• Beste redigering
• Beste draaiboek
• Beste kinematografie
• Beste regie
• Beste vroulike byspeler — Bianca Flanders
• Beste vroulike byspeler — Lee‑Ann van Rooi
• Beste TV-komedie

TV-DRAMA

• Beste grimering en haarstilering — Spooksoeker
• Beste oorspronklike klankbaan — Koek
• Beste visuele effekte — Spooksoeker

TELENOVELA

• Beste garderobe — Reënboogrant
• Beste redigering — Reënboogrant
• Beste oorspronklike klankbaan — Reënboogrant
• Beste kinematografie — Reënboogrant
• Beste regie — Wyfie
• Beste aktrise — Celeste Loots (Wyfie)

OPENBARE STEMMING

• Mees gewilde telenovela — Reënboogrant
• Mees gewilde telenovela — Wyfie

kykNET (insluitend. kykNET&kie)

DOKUMENTÊR

  • Beste klank — Vergeet van my
  • Beste dokumentêre kortfilm — Tussen die draad en die dropper

BESTE NATUURHISTORIESE EN OMGEWINGSPROGRAM

  • Bewonder & Bewaar met Bonne de Bod

REALITEITS-TV & LEEFSTYL

  • Beste kompetisie-realiteitsprogram — Plaasjapie S2
  • Besgestruktureerde doku-realiteitsprogram — In die sop
  • Beste leefstylprogram — Elders: Ligtoringroete
  • Beste leefstylprogram — Spasie

AKTUALITEIT

  • Beste aktualiteitsprogram — In gesprek met Lourensa Eckard
  • Beste aktualiteitsprogram — Wie’s nuus?

VERMAAK & FORMATE

  • Beste internasionale formaat — Die brug
  • Beste vermaaklikheidsprogram — Oppi noot S1

TV-KOMEDIE

  • Beste kunsregie — Pronk Primêr
  • Beste redigering — Pronk Primêr
  • Beste kinematografie — Pronk Primêr
  • Beste draaiboek — Magda Louw
  • Beste regie — Magda Louw
  • Beste manlike byspeler in ’n TV-komedie — Tobie Cronjé (Pronk Primêr)
  • Beste aktrise in ’n TV-komedie — Desiré Gardner (Magda Louw S2)
  • Beste akteur in ’n TV-komedie — Hannes van Wyk (Magda Louw S2)
  • Beste akteur in ’n TV-komedie — Pietie Beyers (Pronk Primêr)
  • Beste TV-komedie — Magda Louw S2

TV-DRAMA

  • Beste grimering en haarstilering — Die nuusmakers
  • Beste garderobe — Niggies 
  • Beste kunsregie — Niggies 
  • Beste klank — Niggies 
  • Beste oorspronklike klankbaan — Niggies 
  • Beste oorspronklike klankbaan — Een keer om die son
  • Beste redigering — Nêrens, NoordKaap 2
  • Beste redigering — Niggies 
  • Beste kinematografie — Nêrens, NoordKaap 2
  • Beste kinematografie — Niggies 
  • Beste draaiboek — Die nuusmakers
  • Beste vroulike byspeler in ’n TV-drama — Marion Holm (Nêrens, NoordKaap 2)
  • Beste akteur in ’n TV-drama — Frank Opperman (Nêrens, NoordKaap 2)
  • Beste TV-drama — Niggies

SEPIE/ TELENOVELA

  • Beste grimering en haarstilering — Suidooster
  • Beste grimering en haarstilering — Skemergrond
  • Beste garderobe — Diepe waters
  • Beste kunsregie — Binnelanders
  • Beste kunsregie — Suidooster
  • Beste klank — Binnelanders
  • Beste oorspronklike liedjie — Skemergrond
  • Beste draaiboek — Suidooster
  • Beste regie — Suidooster
  • Beste vroulike byspeler in ’n TV-sepie — Ilse Klink (Suidooster)
  • Beste aktrise in ’n TV-sepie — Jeani Swiegelaar (Binnelanders)
  • Beste akteur in ’n TV-sepie — Eugene Olof (Hykie) Berg (Binnelanders)
  • Beste TV-sepie — Binnelanders
  • Beste TV-sepie — Suidooster

SPEELFILMS

  • Beste redigering — Hier.Na
  • Beste redigering — Old Righteous Blues
  • Beste draaiboek — Hier.Na
  • Beste draaiboek — Old Righteous Blues
  • Beste vroulike byspeler — June van Merch (Die Kwiksilwers)
  • Beste manlike byspeler — Simon Bruinders (Old Righteous Blues)
  • Beste aktrise — Lida Botha (Die Kwiksilwers)
  • Beste akteur — Ayden Croy (Old Righteous Blues)
  • Beste akteur — David Isaacs (Hier.Na)
  • Beste akteur — Louw Venter (Som van twee)
  • Beste regie — Old Righteous Blues
  • Beste speelfilm — Old Righteous Blues

ANIMASIE

Beste animasie — Die Groot Twis

PUBLIEKE STEM

  • Beste TV-aanbieder — Emo Adams (Oppi noot S1)
  • Gewildste TV-sepie/telenovela — Binnelanders
  • Gewildste TV-sepie/telenovela — Diepe waters
  • Gewildste TV-sepie/telenovela — Skemergrond
  • Gewildste TV-sepie/telenovela — Suidooster
  • Gewildste TV-sepie/telenovela — Arendsvlei