Elandpotjie
2 kg eland-stowevleis
1 groenrissie
1 medium tamatie
1 ui
1 groot aartappel
1 groen rissie
200 ml sonneblomolie
2 eetlepels kerriepoeier
2 eetlepels Kapana-speserye
1 teelepel sout
150 ml braaisous
3 knoffelhuisies, fyngemaak
Maak ’n vuur tot daar warm kole is. Plaas die pot oor die kole en voeg die vleis en genoeg water om dit te bedek by. Laat dit vir 20 tot 30 minute oor medium hitte kook.
Terwyl die vleis kook, berei jou groente voor deur die aartappels in blokkies te sny, die ui te kap en die rissie in ringe te sny.
Voeg die groente by die vleis ná dit vir 20 minute gekook het. Roer die Kapana-speserye, kerriepoeier, 1 teelepel sout, die knoffel en ongeveer 100 ml van die braaisous, asook die sonneblomolie by. Roer tot alles gemeng is.
Prut vir nog 20 minute tot al die geure gemeng is en die vleis sag is. Haal die pot van die vuur af en bedien die elandpotjie saam met pap.
Pap
400 gram mieliemeel
2 eetlepels sout
2 ½ koppies water
Maak die water warm in ’n aparte pot oor die vuur. Wanneer dit saggies begin kook, voeg die sout by en roer. Voeg 1 koppie van die meel by en roer tot gemeng. Voeg die res van die meel by en roer om te keer dat daar klonte is. Laat dit prut tot dit die tekstuur het volgens jou keuse. Sit die deksel op en laat dit vir ongeveer 2 minute stoom. Haal van die hitte af en bedien saam met die elandpotjie.
Skakel Vrydae om 18:30 in vir splinternuwe episodes van Op pad met my potjie. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Instagram, TikTok en X deur die hutsmerk, #OpPadMetMyPotjie te gebruik.
