web uni tv guide
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

DNS-toetse: Die wat en hoe – Binnelanders

Nuus11 Desember 2020
Dr. Annelize Roux se halfbroer, Wessel Mouton, het skielik in haar lewe verskyn, maar sy was nie oortuig dat sy storie waar is nie.
ep135 2

Sy het hom gevra om ‘n DNS-toets te doen om dit te bevestig en hy het uiteindelik ingestem. Maar wat is DNS-toetse en watter bekendes het al voorheen dieselfde padjie as Annelize geloop?

Wat is DNS?
Genetika (erflikheidsleer) is die studie van erflike eienskappe. Gene, waarvan ons 25 000 het, bestaan uit DNS (deoksiribonukleïensuur) wat verdeel word in afsonderlike dele wat chromosome genoem word. Mense het 46 of dan 23 pare chromosome. DNS is die belangrikste draer van erflike inligting.

Het bloedbroers –en susters dieselfde DNS?
Nee. DNS is unike aan elke persoon behalwe wanneer hulle ‘n identiese tweeling is. DNS-toetsing kan egter help om meer inligting te kry oor jou bloedbroers en –susters asook jou halfbroer- en susters aangesien hulle meer van DNS sal deel as mense wat nie aan jou verwant is nie.

Soos voorheen genoem, is jou DNS verpak in chromosome. Elke sel in jou liggaam bevat as’t ware twee kopieë chromosome – een van jou ma en een van jou pa. Wetenskaplikes het chromosome van 1 tot 23 genommer om dit makliker te maak om op te spoor en te verstaan. Die 23ste paar bevestig biologiese geslag. Vroue (XX) erf die X-chromosoom van beide ouers en mans (XY) erf die Y-chromosoom in plaas van die X-chromsoom van hulle pa’s.

Biologiese broers en susters met dieselfde ouers deel ongeveer 50 persent van hulle DNS. Dit beteken dat jy en jou biologiese broer/suster 25 persent van julle ma en 25 persent van julle pa deel. Wanneer dit by grootouers en ooms en tannies kom, deel julle net ‘n kwart van die genetika.

Kan DNS-toetsing bevestig of iemand jou halfbroer of halfsuster is?
Halfbroers of –susters se genetiese samestelling is soortgelyk aan die van ‘n neef of niggie. Halfbroers of –susters het ook soortgelyke genetiese samestelling as grootouers, ooms en tannies. Met professionele toetse kan daar egter met meer sekerheid vasgestel word hoe naby die verwantskap is.

Bekendes en DNS-toetsing

  • Die sanger en liedjieskrywer Prince is in 2016 oorlede, maar daar is ná sy dood uitgevind dat hy nooit ‘n testament opgestel het nie. Howe in Amerika moet dus besluit hoe sy fortuin – sekere reken dit kan soveel as $1 miljard wees – opgedeel moet word. Prince het geen kinders van sy eie gehad nie en beide sy ouers het reeds gesterf. Hy het net een bloedsuster, Tyka Nelson, asook vyf halfbroer en –susters, Sharon Norrine en John Nelson, Omarr Baker en Alfred Jackson. Dit het egter nie bykans 700 mense gekeer om ook te beweer dat hulle verwant is aan Prince nie. Die boedel is tot vandag nog nie afgehandel nie.
  • Arnold Schwarzenegger het in 2011 erken dat hy sy vrou, Maria Shriver, met hulle huishoudster verkul het en dat hulle ‘n seun gehad het. Die seun, Joseph Baena, is op 2 Oktober 1997 gebore, net ‘n paar dae voor Arnold se seun Christopher op 27 September 1997 gebore is. Arnold het in 2012 gesê hy het vir sewe jaar lank nie besef Joseph is sy seun nie, maar het besef dat sy seun al meer soos hy begin lyk het. Arnold en Joseph het ‘n goeie verhouding en word gereeld saam gesien.
  • Oprah Winfrey het op een van haar programme in 2011 op dramatiese wyse bevestig dat Patricia Lee haar halfsuster is. Oprah se ma het in 1963 vir Patrica vir aaneming opgegee toe Oprah nege jaar oud was en by haar pa gewoon het. Hoewel Patricia reeds in 2007 uitgevind het Oprah is haar halfsuster, het sy nooit enigiets gesê nie. Toe Oprah dit later uitgevind het, het sy Patricia op haar program gehad en haar bedank dat sy nooit die geheim met die media gedeel het nie. Oprah het in 2014 vir Patricia ‘n huis gekoop en vir haar geld gegee sodat sy haar universiteitsopleiding kon voltooi. In 2017, toe Patricia haar graad gekry het, was Oprah daar om haar te ondersteun.

DNS-toetsing is ook al verskeie kere ingeroep om te bevestig wie ‘n kind se pa is.

  • Chrisann Brennan, ‘n skoolvriendin van Steve Jobs, een van die stigers van Apple, het in 1978 geboorte geskenk aan ‘n dogter, Lisa Nicole, en het gesê Steve is die pa. Hy het dit aanvanklik ontken, maar DNS-toetse het later bevestig dat hy wel die pa is. Steve wou aanvanklik nie die uitslag aanvaar nie, maar het in 1986 vir Lisa ontmoet en hulle het ‘n goeie verhouding gehad. Met sy dood in 2011 was Lisa een van die erfgename van sy reuse boedel.
  • Elizabeth Hurley het ‘n verhouding met die sakeman Stephen Bing gehad en hulle seun, Damian, is in 2002 gebore. Stephen het egter aangedring op DNS-toetse wat toe wel bewys het hy is die pa. Daar is ook bewys dat Stephen die pa van die tennisspeler Lisa Bonder se dogter, Kira, is nadat ‘n privaatspeurder tandevlos uit Stephen se rommel gehaal het en dit vir DNS-toetse gestuur is. Stephen is vroeër vanjaar dood en volgens sy testament erf die Clinton Foundation egter sy fortuin.
  • Die supermodel Linda Evangelista se seun Augustin is 2006 gebore en sy het gesê die miljarder Francois-Henri Pinault, grootbaas van modehuise soos Gucci en Yves-Saint Laurent, is die pa. Francois-Henri het aangedring op ‘n DNS-toets en het bewys dat hy wel die pa is. Francois-Henri en die aktrise Salma Hayek het in 2007 ‘n dogter, Valentina, gehad en is op 14 Februarie 2009 in Parys getroud.
  • Diego Maradona, die Argentynse sokkerster wat onlangs oorlede is, het altyd aangedring dat hy slegs twee kinders gehad het, Giannina en Dalma, uit sy huwelik met Claudia. Ná hulle egskeiding is bevestig dat hy haar verskeie kere verkul het en in werklikheid die pa van agt kinders is.
  • Een van die interessantste DNS-toetse die afgelope tyd, was die om te bevestig dat Prins Harry wel klein Archie, sy seun by Meghan Markle, is. Dit is glo alles deel van koninklike protokol en om seker te maak dat al die kinders wel deel van die koninklike bloedlyn is.